Venom: The Last Dance loop voor in VSA

Die derde en finale aflewering van Sony se Marvel anti-held-reeks Venom: The Last Dance, is bo aan Noord-Amerika se lokettreffers, en het die naweek sowat 903-miljoen-rand tydens sy openingsnaweek verdien. Tom Hardy is die ster in die rolprent as die ondersoekende joernalis Eddie Brock. Paramount en Temple Hill se Smile 2 het tot die tweede plek teruggesak terwyl nog ‘n nuwe vrystelling, Conclave met Ralph Fiennes in die hoofrol, op nommer drie geopen het. Universal en DreamWorks Animation se Wild Robot, het tot die vierde plek teruggesak na sy vyfde naweek van vrystelling en A24 se We Live in Time is steeds in die vyfde plek.