Venezuela: Amerikaners glo nie uitslae is wil van die mense nie
Die Amerikaners sê daar is groot kommer oor die uitslae van die Venezuela-verkiesing en dit wil voorkom asof sanksies teen die land, en ook sy olie, nie binnekort gelig sal word nie. Nicolás Maduro, is as weer as president herkies ondanks beweerde verkiesingsonreëlmatighede. Die Nasionale Verkiesingsraad sê met 80 persent van die stemme getel, het Madura meer as 51 persent gekry. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê hulle hou die situasie fyn dop.