Venaani woon Pan-Afrika Parlement se koukus by

Die leier van die amptelike opposisieparty in Namibië, McHenry Venaani van die Popular Democratic Movement, is tans in Addis Abeba in Ethiopië om gesprekke namens die Suider-Afrikaanse streekskoukus van die Pan-Afrika Parlement te lei. Vandag sal hy vergaderings met buitelandse ministers van verskillende lande hê. Venaani gesels uit Addis Abeba met Kosmos 94.1 Nuus.