Venaani vergader in Staatshuis met Mbumba

Die Popular Democratic Movement sê hy is bekommerd oor die oorgangstydperk van administrasies, wat drie maande is nadat die verkiesing voltooi is. Die party-leierskap, gelei deur sy president McHenry Venaani, was vandag by Staatshuis vir ‘n raadplegende vergadering met president Nangolo Mbumba oor tersaaklike sake wat die land in die gesig staar.

President Mbumba sê egter die saak moet in die parlement hanteer word.