Venaani soek sy kantoor

Daar word berig dat McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, briesend is oor die vertraging van die skepping van die kantoor van die amptelike opposisie. President Hage Geingob het die stigting van die kantoor reeds verlede jaar goedgekeur en Venaani sê die kommissie vir openbare ampsdraers moet die skuld kry. Wanneer die kantoor in gebruik geneem word sal Venaani, onder andere, ‘n amptelike voertuig met ‘n bestuurder en ‘n lyfwag kry. Die kantoor sal ook personeel aanstel. Venaani verdien op die oomblik net meer as 996 000 Namibiese dollar jaarliks.