Venaani soek jammerkry-stemme
Die Presidensie het aanmerkings deur die PDM-hoof McHenry Venaani, dat die land se sentrale intelligensiediens inmeng met opposisiepartye as snert af gemaak. Volgens Venaani bied die diens werk aan lede van opposisiepartye om so die partye se werk te destabiliseer. Volgens die woordvoerder van die Presidensie, Alfredo Hengari, is dit ‘n patetiese poging om jammerkry-stemme op hom te verenig. Die diens sê op sy beurt Venaani moet die kwessie na die relevante staande komitee van die parlement neem. Maar, kenners is dit eens dat as die diens voorkeur het vir die regerende party beteken dit net een ding, moeilikheid.