Venaani sê agri-innovering is van kritieke belang
Die president van die PDM-party McHenry Venaani sê graansilo’s in die land, wat ‘n kapasiteit van 23 000 metrieke ton het is am per leeg op rondom 2 480 ton. Volgens Venaani bly voedseltekorte eksistensiële bedreiging vir Namibiërs en het voedselproduksie in die land met epiese proporsies gefaal. Die Namibiese Akkerbouraad meen dat witmielie tekorte die jaar op amper 48 000 metrieke ton te staan sal kom maar, voeg by dat daar genoeg plaaslike voorraad is tot en met September vanjaar as gevolg van ‘n ooraanbod in Mei en Junie vanjaar, wanneer die oeste ingebring word.