Venaani ‘sal Mbumba dwing’ om August 26 oudit-verslag vry te stel

Lede van die Popular Democratic Movement vergader in Katima Mulilo vir die party se nasionale verkiesingskongres. Die kongres word Sondag met ’n saamtrek afgesluit. Die PDM se president, McHenry Venaani, het in sy hoofrede frustrasie uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid rakende die August 26 Holding Company. August 26 word deur die staat besit onder die ministerie van verdediging en veterane-aangeleenthede. Venaani sê ondanks ‘n versoek twee maande gelede om die ouditeur-generaal se verslag oor die maatskappy te kry, het hy dit nie ontvang nie.

Venaani versoek president Nangolo Mbumba om te verseker die verslag word binne 15 dae vrygestel, anders sal hy hom dwing.