Venaani reageer op August 26 se verlore miljoene, Swapo wat nie korrup is nie

Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommersiële vertakking van die Namibiese-weermag August 26 Holdings sy besturende direkteur en hoof finansiële beampte met onmiddellike effek geskors het na 3 miljoen Namibiese dollar by die maatskappy, wat weier om rekenskap te doen oor sy besteding, al is dit staatsfondse, weggeraak het. Blykbaar word die adjunk-direkteur in die ministerie van verdediging, Petrus Nathinge, wat ook die voorsitter van August 26 Logistics se raad is, ook geteiken. Die president van die PDM McHenry Venaani het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

En op kommentaar dat Swapo nie korrup is nie, wat die naweek deur die party se vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah, gemaak is, het Venaani gevra aan watter party sy behoort.