Venaani praat uiters sinvol oor rooilyn-debakel

Die parlement se staande komitee op ekonomie is tot 18 Mei in die noordelike dele, na boere gekla het oor marktoegang. Daar is onder meer uitdagings met abattoirs wat sedert 2019 nie slag nie, en ‘n beesvleis inmaak-fabriek wat ledig staan. Die voorsitter van die komitee, Natangwe Ithete, sê egter die rooilyn moet verwyder word. Die rooilyn, of veterinêre kordonheining, beskerm die land se bek-en-klouseer-vrye status. Daarsonder kan beesvleis nie uitgevoer word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die opposisie PDM en ook ‘n boer, McHenry Venaani, gepraat oor die party se standpunt oor die rooilyn en wat gedoen moet word.

Venaani sê boere in die noordelike streke wil nie ophou om hulle beeste in Angola, wat nie bek-en-klouseer-vry is nie, te laat wy nie.