Venaani is op vir kredietverskaffers en uitbuiting

Die wetsontwerp om banke en alle kredietverskaffers te reguleer en wat onlangs deur Namfisa ook voorgestel is, het die ondersteuning van die leier van die opposisie, McHenry Venaani van die PDM. Hy sê tussen mikroleners en banke, kan verbruikers nie wen nie.