Venaani: Esau moet bewyse lewer as hy namens regering opgetree hetAugust 14, 2023
Tydens vandag se vlugtige verskyning van die partye in die Fishrot-saak voor regter Kobus Miller in die Windhoekse hoërhof, het die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, gesê hy verwag dat die staat sy regskoste sal dek omdat hy in sy hoedanigheid as minister aangekla word. Miller het Esau daaraan herinner dat hy die reg het om vir regshulp aansoek te doen, maar Esau meen dat hy ‘n regsverteenwoordiger van sy eie keuse wil hê, en dat die staat die finansiële las daarvoor moet dra. Dit volg op die onttrekking van die bekende prokureur Richard Metcalfe as Esau se regsverteenwoordiger. Die Popular Democratic Movement se president, McHenry Venaani het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee en sê Esau moet bewyse lewer as hy namens die regering opgetree het.