Venaani eis visserman-program moet ondersoek word

Die president van die PDM, McHenry Venaani, sê dat as die regering se regstellingsprogram nie onmiddellik gestaak geneem word nie, dit ‘n Fishrot 2.0 tot gevolg sal hê. Die regstellingsprogram is in 2020 deur die visseryministerie saam met die arbeidsministerie van stapel gestuur, en was daarop gemik om werkloosheid onder vissermanne aan te spreek. Venaani sê dat vissermanne word tans tot geringe take soos die skoonmaak van fabrieke en die aflaai van vrag deur hierdie program gedwing, ten spyte daarvan dat hulle bekwame vissermanne is. Hy sê die Ombudsman moet ondersoek instel en na vore kom met die nodige aanbevelings vir hervorming van die program.