Vele Khomas-leerders nog nie in skole geplaas

Skoolplasings vir graad 8 en 1 leerders bly ‘n herhalende probleem, aangesien baie ouers blykbaar weer tot op die laaste oomblik gewag het om aansoek te doen. ’n Tou gefrustreerde en desperate ouers en voogde is by die Khomas-streekonderwysdirektoraat waargeneem. Volgens Paulus Nghikembua, streeks-onderwysdirekteur van Khomas, is hulle egter seker dat alle leerlinge geplaas sal word.