Veldtog vir toeriste om ook water te bespaar

Die toerisme ministerie het saam met die Namibië Reis- en Toerismeforum ‘n inisiatief geloods wat reisigers en verblyf-verskaffers aanmoedig om water te bespaar. Twee nuwe plakkate is ontwerp met noodsaaklike wenke oor hoe om dit te doen en volhoubare toerisme te ondersteun. Verblyf-instansies word voorsien van praktiese waterbesparingstegnieke. Reisigers kan leer hoe om waterslim te wees met wenke vir kampeer, verblyf en reis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bonnie Mbidzo, die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, wat sê dit is belangrik vir toeriste wat na Namibië kom om water te bespaar.