Veldtog vir padveiligheid in Khomas geloods

Die Khomas-streek het sy padveiligheid feestyd-veldtog begin, wat sal behels ‘n toename in wetstoepassing op nasionale paaie, meer sigbare polisiëring en die bevordering van veiligheid op die B1- en B2-paaie. Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, het in die hoofrede by die veldtog se bekendstelling gesê bestuurders moet leer om die pad met ander motoriste te deel.