Veldtog oor kinderbeskerming skop af

Die Suid-Afrikaanse departement van maatskaplike ontwikkeling het sy jaarlikse Kinderbeskermingsweek-veldtog amptelik van stapel gestuur. Dit het ten doel om bewusmaking te skep oor hoe belangrik dit is om die welstand van kinders te beskerm en te bevorder. Minister Lindiwe Zulu beklemtoon die beskerming van kinders is ‘n gesamentlike verantwoordelikheid. Sy het die maatskaplike uitdagings waarmee kinders te kampe het uitgelig, insluitend kindermishandeling, kuberafknouery, ontvoering, tienerswangerskappe, kinderarbeid en kindermoorde. Zulu beklemtoon die belangrikheid van vennootskappe en samewerkende pogings om doeltreffend aandag aan hierdie kwessies te kan.