Veldtog bepleit gelykheid, aanvaarding van almal

Sister Namibia is besig met ‘n veldtog genaamd “Gelykheid en integriteit vir almal”. Die veldtog poog om ‘n Namibiese huis te skep wat almal aanvaar soos hulle is, maak nie saak wat hulle seksuele oriëntasie is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Brigit Rudd, Sister Namibia se nasionale koördineerder, wat die doel van die veldtog verduidelik.