Veldhospitaal is vir Covid gebruik, hoekom kla julle?

Pasiënte wat uit die Katutura Staatshospitaal na tente verskuif is kla steeds dat die tente nie geskik is vir pasiëntesorg nie. Die pasiënte is in die tente weens die voortdurende opknappings aan die hospitaal. Die gesondheidministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle doen wat hulle kan met die hulpbronne wat hulle het, en die verblyf in tente is net tydelik. Die kwessie is weer in die Nasionale Vergadering opgehaal. Gesondheidminister Kalumbi Shangula sê dat pasiënte in die omstandighede die beste sorg ontvang.