Veldhospitaal is goed ingerig, daar’s dan selfs lugreëling

Die sosiale aktivis Michael Amushelelo eis dat pasiënte wat in ‘n veldhospitaal gehuisves word omdat die Katutura Staatshospitaal opgeknap word, onmiddellik na ander gesondheidsfasiliteite geskuif word totdat die opknappingswerk klaar is. Hy sê mense het hom gekontak toe die pasiënte uit die Staatshospitaal verskuif is, en hy het gevind die tent is nie geskik vir pasiënte nie. Ben Nangombe, die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit ‘n tydelike maatreël is weens die opknappings. Hy sê hulle doen hul bes met die hulpbronne wat hulle het en die veldhospitaal het selfs lugreëling.