Veldbrande weer in die kollig terwyl reën wegbly

Hierdie tyd van die jaar word deur baie mense in Namibië gesien as die brandseisoen. Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte in die Stad Windhoek Brandweer se Inspektoraat Gemeenskaps-brandveiligheids-bewustheid, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is eintlik geen brandseisoen nie, veral nie in woongebiede nie, en vuur hang altyd af van hoe mens dit hanteer. Hy het Namibiërs aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle met vuur werk, en om die vuur heeltemal te blus wanneer hulle dit nie meer nodig het nie.