Veldbrand by Nina deur weerlig veroorsaak

‘n Veldbrand het vroeër vandag in die Nina-omgewing uitgebreek, maar is tans onder beheer. Boere in die omgewing het reuse-verliese weens verwoestende veldbrande gelei. Iris Stehn, ‘n boer in die gebied het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die vuur is deur weerlig veroorsaak en is onder beheer.