Vekic verslaan Sabalenka in Dubai

Tennis: Die wêreld-nommer-31, Donna Vekic van Kroasië, het die tweede gekeurde Aryna (Arina) Sabalenka van Belarus in die ronde van 32 uitgeskakel op die Dubaise Ope in die Verenigde Arabiese Emirate. Die dubbele Australiese Ope-kampioen het die eerste stel gewen, maar Vekic het ratte verwissel en toe die volgende twee ingepalm vir ‘n plek in die ronde van 16. Die sewende gekeurde Markéta Vondroušová van die Tsjeggiese Republiek en die agtste gekeurde Maria Sakkari van Griekeland is ook deur na die volgende ronde.