Veiling van 40 krokodille bevraagteken

‘n Oud-natuurbewaarder en lodge-eienaar langs die Okavangorivier het sy reaksie gegee op die Namibiese omgewingsministerie se voorneme om 40 krokodille op ‘n openbare veiling te verkoop. Krokodille is ‘n groot oorsaak vir mens-dier-konflik in die noordoostelike riviere van die Okavango en Zambezi. Sedert 2019 het die ministerie 2,3 miljoen Namibiese dollar aan vergoeding betaal weens aanvalle deur krokodille. Dit sluit 1,6 miljoen vir menslike lewensverliese in, asook 15 gevalle van beserings aan mense en 575 000 dollar vir 195 veeverliese. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura Camp gepraat wat meen die toename in krokodil-aanvalle is waarskynlik meer weens inwoners se onverantwoordelike gedrag by die Okavangorivier.