Veiling-seisoen skop af

Agra Auctions bied jaarliks sowat 350 kommersiële voorraadveilings regoor Namibië aan, wat wissel van Karasburg in die suide tot Kamanjab en Grootfontein in die noorde. Na ‘n wonderlike jaar van veilings en suksesvolle veilingstransaksies, het Kosmos 94.1 Nuus met Paul Klein, die maatskappy se hoofbestuurder, gepraat oor wat te wagte kan wees rakende veilings in Februarie.