Veiligheidsvereniging lig hul probleme uit

Die Veiligheidsvereniging van Namibië het die mans en vroue in uniform in die veiligheidsektor by sy 31-jarige bestaansdag in Windhoek gevier. Die sektor het ongeveer 30 000 sekuriteitsbeamptes in diens, en hulle dra aansienlik by tot ons veiligheid en die ekonomie, maar hul probleme sluit in swak salarisse en dikwels nie voldoende veiligheidsopleiding en -klere nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru, die nasionale administrateur van die vereniging gepraat oor die probleme wat hulle in die gesig staar.