Veiligheidsraad eis vrede in Sudan

Die VN se Veiligheidsraad doen ‘n beroep op strydende faksies in Sudan om vyandelikhede te staak. Dit volg na die ineenstorting van samesprekings om ‘n wapenstilstand te handhaaf en die humanitêre krisis te verlig. Die raad het sy kommer oor die gevegte uitgespreek en alle aanvalle op burgerlikes, VN-personeel en humanitêre agentskappe veroordeel. Humanitêre korridors moet dringend geskep word en die proses om ’n blywende, inklusiewe en demokratiese politieke skikking in Sudan te bereik moet begin word.