Veiligheids-amptenare moet teenwoordig wees – Muniaro

Reaksie word ontvang op berigte dat sommige maatskappye kortskiet wanneer dit kom by beskermende toerusting vir werknemers wat lei tot beserings aan diens. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die nasionale vakbond van Namibiese werkers, wat sê as ‘n maatskappy nie leierskap of ‘n veiligheids-amptenaar het nie, word dit ‘n gevaar vir die hele nasie.