Veiligheid opgeskerp vir Israel-Frankryk sokkerwedstryd

Sokker: Israel se afrigter, Ran Ben Shimon, vra sy spelers om net op die spel te konsentreer in vanaand se Nasiesbeker-wedstryd teen Frankryk in Parys. Ongekende veiligheidsmaatreëls is rondom die Stade de France getref na verlede week se geweld in Nederland toe die Israelse span Maccabi Tel Aviv teen Ajax Amsterdam gespeel het. Die Franse president, Emmauel Macron, gaan vanaand se wedstryd bywoon, maar slegs sowat 20 000 toeskouers word verwag in die stadion wat 80 000 kan huisves. Ben Shimon sê ‘n klein skare sal nie sy span se vertoning beïnvloed nie.