Veghond-eienaarskap onder die loep in SA

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, sê haar departement wil die wet wysig om mense teen Amerikaanse veghonde te beskerm. Sy het ‘n versoekskrif met meer as 139 000 handtekeninge van die Sizwe Kupelo-stigting ontvang wat vra dat die honde as troeteldiere verbied word. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle werk ook saam met die Departement van Justisie om die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede van 1993 te verander om seker te maak burgers word beskerm en die eienaars van sulke diere word aanspreeklik gehou: