Vegas Grand Prix het kritici verkeerd bewys
Mercedes-renjaer Lewis Hamilton glo die aksiebelaaide Las Vegas Grand Prix het kritici verkeerd bewys wat gesê het dis vertoning bo substansie. Die sewemalige wêreldkampioen wat die wedren in die tiende plek begin het, het teruggeveg en sewende geëindig na 50 rondes vol drama. Max Verstappen van Red Bull het die wedren gewen en het met sy 18de oorwinning van die seisoen sy eie rekord verbeter. Hamilton sê hy het die wedren in Vegas geniet, ten spyte van probleme met die motor: