Veelparty-handves wil Eskom se krag-monopolie beëindig
Die Veelparty-handves vir Suid-Afrika het ‘n kordaat plan aangekondig om beurtkrag uit te wis en volhoubare energie-ontwikkeling te bevorder. Elf partye het saamgewerk aan die plan wat gemik is op die afbreek van Eskom se monopolie, en die daarstelling van ‘n mededingende kragmark. DA-leier John Steenhuisen het die versnelde ontbondeling van Eskom uiteengesit, asook belegging in netwerk-infrastruktuur, en ‘n regulerende raamwerk vir mikro-netwerk-oprigting.