Veelparty-handves onthul plan om werkloosheid en armoede aan te pak

Die Veelparty-handves vir Suid-Afrika het ‘n omvattende plan onthul om die stygende werkloosheidsyfer aan te pak en ekonomiese groei te bevorder te midde van kommerwekkende ekonomiese uitdagings. Die werkloosheidsyfer staan op 41-persent, en die handves wil staatsfinansies bestendig maak en onderwysgehalte verbeter. Die voorgestelde plan fokus onder meer op die ontsluiting van beleggingspotensiaal, en die bemagtiging van die klein-, mikro- en medium-ondernemingsektor. Die president van ActionSA, Herman Mashaba, sê op die vooraand van die verkiesing bied die handves ‘n aantreklike alternatief vir die ANC se ekonomiese benadering.