Veediewe skiet 6 stoetbees dood, verwyder net 2
Die Namibiese polisie sê ‘n onbekende hoeveelheid verdagtes het ses stoetbees op plaas Lagonda by Outjo in ‘n kamp doodgeskiet en twee gelaai met vier wat agtergelaat is. Die wapen se slot is by die toneel gevind. Die polisie sê die veediewe moes toegang gehad het omdat die slot van die hek by die grens van die naburige plaas Vreugde, oop en weer toegesluit is vir hulle om met die twee karkasse weg te kom. Die waarde van die diere word op 180 000 Namibiese dollar beraam. Die ondersoek duur voort.