Veediewe plunder Meatco se Zambezi-kwarantynkamp

Die Namibiese polisie het Meatco gewaarsku om sy sekuriteit by die Kopano-kwarantynkamp in die Zambezi-streek te versterk met veediefstal wat toenemend daar voorkom. Meer as 900 diere word in 12 kampe aangehou. In een voorval is 14 bees gesteel. Die groot uitdaging vir die mag is wanneer daar met die diere se oorplaatjies gepeuter word en hulle word oorgrens na Zambië geneem. Meatco het uiters min sekuriteit behalwe ‘n wag by die hoofingang en ‘n handvol veewagters wat na die diere omsien. Veediefstal in die Zambezi-streek is reeds ‘n geruime tyd ‘n baie groot uitdaging.