Veediefstal vier landwyd hoogty

Veediefstal vier landwyd van die Suide tot die Noorde hoogty. Twee Namibiese mans van 41 en 48 jaar oud is vir veediefstal op die plaas Dorenfontein in Dordabis-omgewing in hegtenis geneem. Hulle is met twee skaapkarkasse in ‘n wit sedanvoertuig gevind toe hulle die uitgangshek verlaat het sonder enige permit of magtiging van die eienaar. By Maltahöhe is ‘n 43-jarige man gearresteer met een skaap en twee skaapkarkasse nadat hy nie bewys van eienaarskap lewer nie. Op die plaas Satanslocht in die Khomas-Hochland is drie beeste ter waarde van 57 000 Namibiese dollar gesteel. Dit is nog nie teruggevind nie en niemand is gearresteer nie. In die Okaku-nedersetting naby Oshikuku in die Omusati-streek is ‘n ‘n Brahmankoei ter waarde van 20 000 dollar gesteel en geslag. Die ingewande en vel is teruggevind, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.