Veediefstal veroorsaak pyn in Kavango-Oos

Veediefstal regoor Namibië bly steeds ‘n probleem, en die gevoel is dat die euwel net sal toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, wat sê veediefstal is ‘n groot bekommernis. Hy sê boere werk hard en sorg goed vir hulle diere en wanneer dit gesteel word, veroorsaak dit ‘n pyn waaroor niemand kan praat nie.