Veediefstal, stropery sal aanhou, en aanhou
Veediefstal is steeds ‘n groot uitdaging vir boere regoor die land, maar veral in die Otjozondjupa- en Erongo-streke. Verlede naweek is daar weer ‘n geval aangemeld in die Usakos-distrik, waar veediewe 18 bokke uit die kraal gesteel het. Nampol beoog ‘n vergadering in die verband op die dorp wat vroeg in Mei gehou sal word. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die toenemende veediefstal in die Erongo-streek.