Veediefstal, stropery kan styg met droogte
Die Angolese polisie het Namibiese owerhede gewaarsku oor ‘n moontlike toename in stropery en veediefstal, veral teen die Zambezi-streek as gevolg van lae reënval en die verlies aan oeste van bestaansboere. Die streek se Nampol-bevelvoerder Andreas Shilelo sê aan plaaslike media dat stropery en veediefstal wel plaasvind maar, met oeste wat misluk kan dit moontlik toeneem omdat mense toenemend honger is. Boere in die streek het die afgelope jaar of wat deurgeloop deur veediefstal met miljoene wat verloor is, veral deur oorgrens veediewe wat die streek gewapen binnekom, vee bymekaar maak en oor die grens vat.