Veediefstal: Nampol kort inligting

Veediefstal in Namibië neem steeds toe en is lank ‘n groot probleem weens die groot skade wat boere lei. Wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskap hou egter aan om veediewe aan die pen te laat ry. Kosmos 94.1 Nuus het met luitenant-generaal Joseph Shikongo gepraat oor die planne vir die jaar om veediefstal te bekamp. Shikongo sê die polisie doen alles wat hulle kan, maar gemeenskappe moet hul pogings ondersteun deur onder meer inligting te verskaf.