Veediefstal in Suide ‘n ‘groot krisis’

Veediefstal in Namibië bly steeds ‘n probleem, ten spyte van wetstoepassings-agentskappe en die boere-gemeenskap wat aanhou werk om die misdaad te bekamp. Gibeon se operasionele komitee teen veediefstal, onder leiding van Christiaan Swartbooi, sê veediefstal is ‘n groot uitdaging in die Suide en die polisie kan nie veel daaraan doen nie, weens ‘n gebrek aan voertuie. Swartbooi het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hulle voel magteloos en is in ‘n groot krisis.