Veediefstal in Khomas duur voort

Die Namibiese Landbou-unie en verskeie rolspelers het onlangs ‘n geslotedeur vergadering in die hoofstad gehou in verband met toenemende stropery en veediefstal. Die misdade het boere amper 220 miljoen Namibiese dollar tussen 2015 en 2020 gekos. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Hans Gerd Lueesse, die streekskoördineerder van die Khomas-streek, gesels vir ‘n opdatering. Hy sê hulle het steeds met hommeltuie te doen en boere langs die C26-pad loop tans deur onder veediefstal.