Veediefstal blyk om buite beheer te wees
Daar is groot kommer oor veediefstal wat blyk om onverpoosd voort te duur en net erger te raak. Volgens die jongste syfers is daar tussen Mei 2021 en April 2023 23 791 gevalle van veediefstal aangemeld. Mike Venaani, ‘n PDM-LP en vader van die leier van die party, McHenry Venaani, sê die Nasionale Vergadering moet ‘n dringende debat hou oor die oorsaak van die hoë syfer, sowel as ander misdade, in die land te bespreek. Ingrypings is volgens hom dringend nodig. Hy sê rooftogte, geslagsgeweld, moord, aanranding en ekonomiese misdaad neem toe regoor die land. Volgens sy statistiek is daar in dieselfde tydperk, amper 99 000 kriminele sake gemaak.