Veeboere gaan swaarkry met onder-normale reënval

Volgens die Namibië Meteorologiediens se jongste reënvalbulletin sal die grootste deel van die land hierdie somer onder-normale reënval kry. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se Adviesdienste, gepraat oor wat dit vir veeboere gaan beteken wat reeds met droogtetoestande te kampe gehad het.

Hy verduidelik verder dat vee waarskynlik vroeg verkoop sal moet word, terwyl hul kondisie nog bevredigend is.