Veeboere, die reën en dieresiektes
Alhoewel reënval verligting bring, word dit ook geassosieer met verskeie faktore wat veeproduktiwiteit en plaasinkomste negatief beïnvloed. Daar is gevare wat vee se gesondheid en voeding raak waarvoor boere versigtig moet wees en maniere moet vind om die gevolge daarvan te vermy of te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental-veearts Dr. Andreas Gaugler gesels wat boere waarsku oor algemene siektes wat in die reënseisoen voorkom en waarvoor maatreëls getref moet word.