Veearts verduidelik streng uitvoerregulasies van vleis na EU

‘n Namibiese veearts het bevestig dat nuwe wetgewing van die Europese Unie vereis dat veeprodusente wat diere aan ‘n EU-goedgekeurde abattoir lewer, een maal per jaar ’n besoek van ’n staatsveearts moet ontvang. Mariental Abattoir het ‘n suksesvolle pad gestap om die eerste besending lamsvleis na Noorweë te stuur, maar het hierdie uitdagings ervaar. Die proses begin nou vlot verloop, maar volgens die Namibiese Landbou-unie is daar nog uitdagings in die Karasstreek in hierdie verband. Dr. Theuns Laubscher ‘n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek, verduidelik die redes van die wetgewing aan Kosmos 94.1 Nuus.