Veearsenydienste implementeer bosluisbeheer teen Krimen-Kongokoors

Veeartsenydienste in die landbouministerie gaan dieregesondheidsmaatreëls vir vee teen Krimen-Kongokoors implementeer. Dit volg na die onlangse sterfgeval van ‘n Namibiese man van Gobabis weens die siekte waarna die gesondheidsministerie ‘n Kongokoors-uitbreking verklaar het. Krimen Kongo-koors word deur hoofsaaklik deur bosluis-byte of kontak met liggaamvloeistowwe van geïnfekteerde persone of diere veroorsaak. Volgens die hoof-veeartsenybeampte, dr. Albertina Shilongo, sal bosluisbeheer toegepas word met onder meer inspeksies van vee by veilings. Dierehanteerders moet beskermde klere tydens die slagting van vee dra.