Vee ter waarde van N$5m in 12 maande in Zambezi gesteel

Die polisie in Zambezi sê tussen April verlede jaar tot einde April vanjaar, is vee ter waarde van amper 5 miljoen Namibiese dollar in die streek gesteel. Die kwessie van veediefstal in die streek is reeds ‘n geruime tyd in die nuus met meeste van die diere wat blykbaar deur Zambiese burgers gesteel word. Sommige van hulle is gewapen en hulle huiwer nie om op boere te skiet nie. Die grens is ook poreus omdat dit dig bebos is en daarom is patrollies nie moontlik nie. Die streek se hoof van ondersoeke, Kenneth Simbwaye sê 824 bees is sedert April 2022 gesteel maar, owerhede het 367 diere teruggevind. Hy voeg by 62 vermeende veediewe is in hegtenis geneem waarvan 25 Namibiërs is, met 33 Zambiese burgers, drie Angolese en een burger van Botswana.