VBS-skandaal: Geen tronkstraf vir munisipale bestuurder nie

Die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Polokwane in Limpopo het die gewese Thulamela-munisipale bestuurder, Hlengani Maluleke, tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir dieselfde tydperk opgeskort is. Dit is vir sy rol in die goedkeuring van die onwettige belegging van munisipale fondse van 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand by VBS Mutual Bank. Die skandaal het plaaslik belang omdat die SME Bank se vermiste 200 miljoen Namibiese dollar by hom belê is. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê Maluleke was uit op borgtog van 30 000 rand nadat die Valke hom in Februarie verlede jaar gearresteer het.