VBS: DA eis ondersoek na Malema, Shivambu
Die DA vra hernude optrede teen die EFF-leiers, Julius Malema en Floyd Shivambu oor die beweerde VBS-bank korrupsie. Die adjunkhoofsweep Baxolile Nodada kritiseer die polisie omdat ondersoeke nie opdateer is nadat aanklagte in 2018 ingedien is nie. Nodada het aangekondig die DA verwys die polisie se gebrek aan optrede na die Polisie-portefeuljekomitee, en vra die voorstter Ian Cameron om hulle te ontbied vir ‘n verduideliking. Hy verwys na die voormalige voorsitter van VBS, Tshifhiwa Matodzi se getuienis aan as bewys van Malema en Shivambu se beweerde betrokkenheid by die bankbedrog.